Naweek - Toast Coetzer
Naweek - Toast Coetzer
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback, front cover has some wear (see photo) pages starting to yellow
Swaarmetaal, dis Toast Coetzer se debuut. Hy sleep jou hierin tree vir tree terug na die begin van ’n rockster se einde. En agteruit loop, sal jy agterkom, is anders loop, anders kyk en anders ervaar. Ook jy word uitgelewer aan die verwronge logika wat dwelms en die aanbidding van skares meebring.
Dit is die verhaal van ene Maanhaar Basson: superfiks, supergewild, intelligent en onstuitbaar. Maar die golf van ongebreidelde fantasieë spoel hom in die arms van ’n groupie met ’n litteken aan haar keel. In die toilet van ’n klub druk sy die een pilletjie na die ander met haar tong in sy keel af, en klouend aan haar rukkende kaal lyf versink hulle in die hemel-hel van dwelms en seks.
Maar daar is dinge wat nóg dwelms, nóg seks, nóg ure se oefening in ’n gimnasium, nóg die matelose adorasie van duisende bewonderaars kan verdryf. En dis hierheen dat Toast Coetzer jou lei. Dan skielik, soos weerlig, is daar ’n figuur in die kopligte van ’n motor.
Toast Coetzer is die voorprater en liriekskrywer vir die groep The Buckfever Underground.
