Skip to product information
1 of 4

Net 'n ver verlange - Nelmari Kock

Net 'n ver verlange - Nelmari Kock

Regular price R 5.00 ZAR
Regular price Sale price R 5.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

VOETSTOOTS

Toe Leandri vir die mode-ontwerpwedstryd van ’n vooraanstaande tydskrif ingeskryf het, het sy nooit verwag dat sy die eerste prys sou wen nie. Maar sy het, en haar prys is ’n toer na die buiteland, saam met ’n toergroep Suid-Afrikaners.

Die eerste persoon wat haar aandag trek, is Waldo Barkhuyzen, die aantreklikste man wat sy nog gesien het en iemand wat sy reputasie as vrouejagter na hartelus uitleef.

Maar daar is ander mense ook. Schalk Taljaard en sy sprankelende sussie, Nadia. En die egpare Roux en De Goede. Ook Elrien Smit.

Vir die meeste van dié mense, vind Leandri gou uit, is die toer eintlik maar net die middel om hul bestemming te bereik. Londen.

Aanvanklik kan sy nie verstaan waarom Londen dan so belangrik is vir so baie mense nie, maar heel gou gaan ’n lig op. Een van die vyf en veertig toerlede, is ’n smokkelaar. Krugerrande word in groot getalle uit Suid-Afrika gesmokkel en in die buiteland van die hand gesit.

Sou Londen die plek wees waar die verhandeling plaasvind?

Vir Leandri word haar toer deur die buiteland een van spanning en opwinding — en liefde. Ook vir Nadia.

Maar eers sou die smokkelaar ontmasker word, daar in Londen se donker nagure. Daarna sou die vreugde kom. Wat in Leandri se hart posgevat het as net ’n ver verlange, ’n onbereikbare droom, word werklikheid

View full details