Nuwe ankers in die more - Mari van den Bergh
Nuwe ankers in die more - Mari van den Bergh
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover, cover has some light wear (see photos)
“Daar is ouers wat hulle kinders nie liefhet nie, glo my!”
“Jy weet.” Dit is nie ’n vraag nie. Skielik weet sy dit net.
“Ek en duisende ander!” sê hy bitter.
Sy wil met hom praat, hom vertel dat sy skielik soveel dinge verstaan. Dat die verwerping van ’n ouer die ergste soort verwerping is. Dat dit jou stroop van enige menswaardigheid… jou emosioneel so krupel kan maak dat dit moeilik is om staande te bly.
Sy wil al hierdie gedagtes met hom deel, maar hy gee haar nie kans nie…
Dié onverwagte rou gesprek met die internasionaal bekende skrywer Peter Storm is die laaste ding wat Nelmarie Kock verwag het. Sy het op dié intense, geslote man se drumpel beland toe sy na haar aktrise-ma begin soek het. Want die vrou wat haar in die wêreld gebring het, het haar vyf en twintig jaar tevore op haar pa se lessenaar neergesit, omgedraai en vir altyd weggestap.
Dan ontdek Nelmarie egter met ’n skok dat Peter se eie monsters uit sy kleintyd hom ook steeds aan die verlede vasketting.
NUWE ANKERS IN MÔRE is ’n sonderlinge liefdesverhaal oor die setel van die mens se kern: sy kleintydbelewenisse. Mari van den Berg weef met fyn, diepe insig ’n verhaal wat jou ruk, vasgryp, en meeneem na die verlossende einde: ’n vrede groot genoeg om die ankers in die hel van gister na ’n liefde in môre te verplant.
