Skip to product information
1 of 8

Onheil op Arendskrans - Martie Snyman

Onheil op Arendskrans - Martie Snyman

Regular price R 5.00 ZAR
Regular price Sale price R 5.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

VOETSTOOTS

Wanneer Renata Degenaar uit haar beswyming wakker word voel haar ledemate swaar, soos asof dit aan iemand anders behoort. Haar vader se skielike dood kolk deur haar gedagtes en sy draai na die dokter wat steeds langs haar bed staan. „Dankie vir alles, Dokter,” prewel sy. „Ek weet julle het julle bes vir hom gedoen.”

Op daardie oomblik spoel die geluid van kerklokke deur haar kamervenster. „Kerklokke,” sê sy peinsend. „Kerklokke, dié tyd van die dag?”

Dokter Beukes knik. „Ja,” sê hy. „Die dood en die lewe is só naby aanmekaar. Die klokke lui vir die huwelik van Hein Hendricks. Ken jy hom?”

Vir die tweede keer dié dag slaan die lewe vir Renata plat. „Nee,” sê sy eenvoudig. „Nie baie goed nie. Ek het hom nooit baie goed geken nie!” En by haarself sweer sy dat niemand ooit sal weet van die matelose liefde wat sy vir Hein Hendricks gevoel het nie.

Maar Renata sou nooit kon dink hóé lank dit sou wees voor dat die lewe vir haar sou lag nie. Hoe kon sy dan ook weet van die sluwe wreedheid van die mense in die groot huis bokant Meegeenbaai. Die mense van Arendskrans. Van Constant von Megeren, en sy invalide broer Laurie. Van haar halfsuster Iris en haar pa se eerste vrou Edwina wat in daardie selfde huis bly … en van die verraad van Lex, die mooi man, wat haar waarsku dat Constant ’n moordenaar is, dieselfde dag dat ’n giftige slang haar in haar eie kamer vaskeer …

View full details