Op met die af roltrap - Linda Rode & Hans Bodenstein
Op met die af roltrap - Linda Rode & Hans Bodenstein
Couldn't load pickup availability
Share
Medium to large paperback, price sticker front cover, cover has light wear,
Op met die af roltrap is die derde en finale bloemlesing in Kwela se Jong Suid-Afrikaanse Skrywers-reeks. Soos Another kind of one nation en Ek, ’n lewende pyl bied dit ’n oop-oë blik op die werklikheid soos jong mense dit sien en ervaar. Sonder om die leser te spaar, sê hulle hul sê oor die veranderende sosiale, morele en politieke omstandighede in ons land.
Hierdie derde bundel is, soos sy voorgangers, ’n persoonlike barometer van ons tydsgees. Dis ’n “ope boek” vir elke jong mens en geïnteresseerde volwassene; ’n reis deur die fantasie en lewensperspektief van jong Suid-Afrikaners rondom die eeuwending. Kortom, ’n móét vir elkeen wat jonk is of omgee vir dié wat jonk is.
