Op soek na die ware Jesus - Murray Janson
Op soek na die ware Jesus - Murray Janson
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback - moderate wear
Van Jesus se geboorte tot met sy omstrede opstanding is die tonge oor Hom los.
Sy volgelinge is wreed vervolg en selfs doodgemaak. In ons tyd is die teenstand egter meer bloedloos, maar met meer ink. Om sommer in die dagpers te lees dat Jesus, soos ons as gelowiges Hom leer ken en liefgekry en gedien het, nie meer bestaan nie … dit het Suid-Afrika se geestelike pastoor Murray Janson sy pen laat opneem.
Gedurende die afgelope dekade is van Jesus al meer 'n sterflike mens gemaak – een presies soos ons. Dit was die werk van die Jesus-seminaar in Amerika asook sekere hedendaagse Europese teoloë. Dié Jesus kon geen wonders verrig of aansprake maak dat hy die Messias (die Christus) kon gewees het nie. En natuurlik kon hy ook nie uit die dood opgestaan het nie. Dit raak dus die wese, die hart van ons geloof. Wie met Jesus breek, sit uiteindelik net met die leegte van homself en ander sterflikes, op 'n planeet wat maar net voortdraai, totdat alles en almal in die niksheid sal verdwyn … Maar hierdie boek gee die Heerlike alternatief.
