Op soek na God...buite die kerk? Annes Nel
Op soek na God...buite die kerk? Annes Nel
Couldn't load pickup availability
Share
Medium Paperback
Hoe om weer waarlik kerk te wees
➤ Voel jy ontnugter in die kerk?
➤ Vind jy God nie meer in die kerk nie?
➤ Soek jy tevergeefs na waarheid, leiding en standvastigheid in die kerk?
➤ Pla die onverdraagsaamheid van medelidmate jou?
➤ Glo jy dat jy sonder die kerk kan klaarkom?
✧
Dan is jy nie alleen nie, want dit is hoe baie lidmate van die Christelike kerk oor die wêreld heen voel en waarom hulle deesdae buite die kerk na God soek. Dit is ’n duidelike teken dat die liggaam van die kerk siek is en dringend hulp nodig het.
In Op soek na God ... buite die kerk? bekyk die skrywer die siekte wat die liggaam van die kerk bedreig, onder die vergrootglas. Hy doen dit aan die hand van antwoorde op ’n vraelys wat hy aan ’n groot groep mense gestuur het.
Sy doel met die boek is tweërlei:
➤ Hy wil mense wat ernstig is oor die kerk, bewus maak van die behoefte aan ruimte, sensitiwiteit, integriteit en leiding wat daar by baie ander lidmate bestaan.
➤ Terselfdertyd wil die skrywer hê lesers moet weet dat daar baie mense in die kerk is wat hulle pyn met die kerk ernstig opneem. Hy moedig hulle aan om weer ernstig na te dink oor hulle betrokkenheid by die kerk.
Want daar is tog hoop!
God het immers self die “gebou” opgerig wat ons vandag die kerk noem. Dit is nie gebou met bakstene nie, maar met mense wat deur die Heilige Gees toegerus en gebruik word om die kerk te verander tot ’n nuwe, lewenskragtige gemeenskap.