Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Paul of Paula - Ettie Bierman

Paul of Paula - Ettie Bierman

Regular price R 20.00 ZAR
Regular price Sale price R 20.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

HARDEBAND

Toe Paula Fourie uitvind dat haar kêrel van die afgelope vyf maande, kaptein Reynders du Toit, eintlik 'n getroude man is, besluit sy summier om die verhouding te beëindig en by Jakaranda-lugdiens te bedank. Maar sy moet dringend 'n inkonste hê, en aangesien sy vir niks anders opgelei is nie, is werkgeleenthede vir haar skaars.
Die oplossing kom egter in die vorm van 'n koerantadvertensie. Sy voldoen toevallig aan al die vereistes, behalwe een belangrike aspek: slegs manlike applikante sal oorweeg word vir die pos van junior toerleier by Stemmet-safari's. Wanneer die kalf egter in die put is, móét hy weer daaruit, en sy besluit om wel ansoek te doen, maar as Paul Fourie
Toe sy ontbied word vir 'n persoonlike onderhoud, moet daar behoorlik bontgestaan word om mansklere in die hande to kry en haar hare kort te knip. Haar probleme begin egter eers werklik toe sy hoor dat sy die pos gekry het, want hoe sal sy drie weke lank haar rol as 'n man suksesvol kan speel, en wat moet sy maak as haar hart elke keer so bokspring wanneer sy haar aantreklike en onweerstaanbare werkgewer, die geswore vrouehater Carl Stemmet, sien?
Paul of Paula is nog ' sprankelende liefdesverhaal vol avontuur uit die pen van die gewilde Ettie Bierman wat beslis 'n plekkie in die Romankeur-galery verdien.

View full details