Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Raak tunisiese hekel baas - Beatrix Snyman

Raak tunisiese hekel baas - Beatrix Snyman

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Tunisiese hekelwerk is 'n baie ou hekeltegniek wat tans 'n oplewing beleef. In die verlede was Tunisiese hekel sinoniem met dik, swaar komberse, maar deesdae breek hekelaars weg van dié tradisionele styl en eksperimenteer met opwindende nuwe steke en tegnieke. Nou bestaan Tunisiese hekel uit fraaie kantpatrone, interessante vorms en kleurryke ontwerpe!
Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas is 'n volledige gids wat jou leer om dié gewilde hekeltegniek te bemeester. Met die hulp van pragtige volkleurfoto's leer jy stap-vir-stap sowat 40 verskillende steke en ander hekelkunsies.
Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas verduidelik onder meer:
-Hoe om verskillende hekelpenne vir Tunisiese hekelwerk te gebruik
-Hoe om patrone te lees en diagramme te verstaan
-Waarvoor afkortings en simbole in Tunisiese hekel staan
-Hoe om probleemareas raak te sien en reg te maak
-Hoe om 40 verskillende steke te maak
-Hoe om kleure en fatsoene in patrone te verweef
Beatrix Snyman is 'n kundige hekelaar wat reeds sedert 2012 hekelklasse en - werkswinkels aanbied. Sy ontwikkel oorspronklike hekelpatrone en het ook haar eie reeks alpakka- en merinohekeldraad bekendgestel.

 

View full details