Romanza 3 in 1 - Alice se Ierse sprokie, Kaalvoetnooi, Lisa se hartsgeheim
Romanza 3 in 1 - Alice se Ierse sprokie, Kaalvoetnooi, Lisa se hartsgeheim
Couldn't load pickup availability
Share
Small paperback
Alice se Ierse sprokie:
Toe ʼn sesjarige tweeling by die kleuterskool inskryf, raak Alice dadelik op hulle verlief. Die wewenaar-pa, Sean O'Connor, wat lyk soos ʼn beneukte Viking-afstammeling, is egter die probleem. Hy en sy perfekte aanstaande glo slegs aan die harde realiteit en nie in Alice se sprokies nie.
Kaalvoetnooi:
Elzani het nie net koffie op Xander se hemp gemors nie, maar ook sy motor gestamp en sowaar, hier staan hy 'n derde keer voor haar. Dié keer dreig sy hom met 'n mes. Met drie “ongelukke” agter die rug, kan hulle dalk nou uiteindelik op die liefde fokus?
Lisa se hartsgeheim:
Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.