Rooi Luiperd - Francois Bloemhof
Rooi Luiperd - Francois Bloemhof
Couldn't load pickup availability
Share
Moderate wear - Medium Paperback - inside back page has a piece of sellotape on
FIKSIE - AFRIKAANS
Die Luiperd, 'n geheime agent vir 'n organisasie genaamd Die Fabriek, word deur 'n vreemde gas oorval toe hy by 'n bouperseel ondersoek instel. Twee junior agente, Mark Steyn en Lamla Ngwema, ding hierna mee om sy plek in die organisasie te neem intussen kry hulle rooi klaring, toestemming om in die loop van hulle pligte mense te mag doodmaak.
Kolonel Duvenhage is die hoof van die organisasie en hy lig hulle in dat 'n terreurgroep genaamd Hidra verantwoordelikheid vir die Luiperd (Alec van der Westhuizen) se dood aanvaar het. Steyn en Ngwema moet sielkundig geevalueer word deur Lana Dubois, die kolonel se niggie, maar Steyn gee nie sy samewerking nie en wil niks omtrent sy verlede se nie. Dit frustreer haar; hy fassineer haar ook. Toe Ngwema amper sterf tydens n hangsweef-oefening, begin hy vermoed Steyn was vir die byna-"ongeluk" verantwoordelik om hom as kandidaat uit te skakel, ondanks hulle jarelange vriendskap. Nadat Rentia, 'n werknemer van Die Fabriek, met 'n hallusinatoriese stof gespuit word, histeries word en sterf, word in haar baadjiesak 'n kwansuise gelukwensing gevind: sy het 'n opedag by die nuwe Bella Vista Gesondheidsoord in die Boland gewen.
Al vermoed Die Fabriek dit is 'n lokval, moet daar ondersoek ingestel word ... Ngwema soek egter 'n voorsprong en gaan 'n ooreenkoms met Lana aan hy sal haar van Steyn se verlede vertel as sy hom aanwys as die een wat in Rentia se plek na die oord moet gaan. Sy maak so ... en dan begin die verhaal teen 'n asembenemende spoed ontvou, met volop kinkels in die kabel. Heerlike leestof vir almal wat hou van die spanning en intrige wat gepaardgaan met die wereld van spioenasie en geheime agente.