Skip to product information
1 of 6

Roos van die cordilleras - Wille Martin

Roos van die cordilleras - Wille Martin

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover, name written first page, pages starting to yellow

Monica Eksteen is ’n roos – nie ’n Engelse roos nie, maar wel ’n roos van die cordilleras. Met haar lieflike geaardheid en besondere voorkoms laat sy die manne se harte vinniger klop.

Ná haar pa se dood word sy in Londen deur haar een aangetroude neef, Philip, bygestaan. Sy het Philip nog altyd bewonder en al haar jongmeisiedrome om hóm geweef.
Hy vra haar om met hom te trou, maar sy kan hom nie dadelik die jawoord gee nie. Hy dring daarop aan dat sy haar finale antwoord vir hom op Los Sombreros moet kom gee.

Na agt jaar se afwesigheid keer Monica terug na haar geboortegrond, Los Sombreros, aan die voet van die magtige Andesgebergte.
Sedert sy van die plaas af weg is, het dinge egter baie verander. Van haar eens lewenskragtige ouma Emilia is daar slegs ’n skaduwee oor. Nielen, Philip se broer, het verdwyn nadat hy volgens Philip by ’n skandaal betrokke was. En dan is daar ’n berugte bendeleier in die omgewing wat sake lelik deurmekaar krap.

Monica het gedink sy kom terug plaas toe om die jawoord vir Philip te gee, maar dit blyk nie só eenvoudig te wees nie! Eers moet die raaisel rondom die skandaal waarby Nielen betrokke was, opgelos word. Sy kan ook nie aanvaar dat haar ouma se drastiese agteruitgang net as gevolg van ouderdom is nie.

Monica moet ook haar eie hart leer ken – veral toe sy besef dat die bendeleier, El Caballero, haar aan iemand herinner wat sy goed ken…

View full details