Sewendedag-Adventiste Glo... 27
Sewendedag-Adventiste Glo... 27
Couldn't load pickup availability
Share
Large hardcover - name written first page
Die 27 basiese leerstellings wat Sewendedag-Adventiste verkondig, is hier gereed om ondersoek, beoordeel en bevestig te word. Hierdie enkele boek toon in detail hoe elke leerstuk op die Bybel gegrond is en die aandag op Jesus Christus vestig.
Die verskillende leerstellings beklemtoon verskillende fasette van Christus se lieflike karakter. Elkeen openbaar meer van hoe en wiese Hy is. As u in 'n ander kerk aanbid, kan u 'n nuwe perspektief in hierdie boek verwag. Christene is nog 'n minderheid op die aarde. Ons moet nader aan mekaar kom en uit mekaar se kennis leer. Hierdie boek is 'n bydrae van die Adventiste tot daardie toename "in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus" (2 Petrus 3:18).
Lidmate van die Adventistekerk kan hierdie boek gebruik om dieper in die wortels van hulle geloof in te delf — om die besonderhede van die waarheid te herontdek waaroor hulle so opgewonde was toe hulle die vreugde van die verlossing eers geken het.
Sewendedag-Adventiste Glo... is 'n betroubare bronnewerk oor Adventiste-leerstellings omdat dit deur Adventiste self geskryf is. Meer as 230 manne en vroue het die manuskripte beoordeel en deur hulle insigte 'n bydrae daartoe gemaak — insigte wat na jare-lange studie, gebed en persoonlike werk vir die Heiland verkry is.
