Skat in die Skemer - Aletta Reitz
Skat in die Skemer - Aletta Reitz
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback, yellowing pages
“Het dominee Martin en doktor Muller waardig saamgesweer om vir haar ’n tronkvoël te gee!” Dit is Annie van Eeden se noodkreet terwyl sy met haar eerste beradingsessie besig is.
Die beradingskursus waartoe dominee Eduard Martin haar gestuur het, sou vir haar in meer as een opsig voordelig wees. Dit sou haar nie net in staat stel om lid van haar kerk se beradingskommissie te word nie, maar sou haar ook die geleentheid gee om die uiters aantreklike en gewilde Conrad Muller, hul kursusleier, beter te leer ken. En dit sou haar van aangesig tot aangesig bring met Gunther Richter, die man teen wie sy jare lank al ’n diepe wrok koester.
Maar toe haar eerste kliënt, Gerhard Venter, kamer tien van die Ou Pastorie binnestap, word al haar planne meteens omvergewerp en haar lewe in ’n nuwe koers gestuur.
Wie is dié eienaardige man en wat het hy regtig hier op Noorrand kom doen?
Skat in die skemer deur die gewilde Aletta Reitz is ’n verhaal oor die liefde – liefde wat weier om in ’n koers ingedwing te word en wat geen grense gehoorsaam nie, maar wat uiteindelik tog triomfeer wanneer Annie haar skat in die skemer vind.
