Skip to product information
1 of 4

skewe snytjies brood - Annalise Wiid

skewe snytjies brood - Annalise Wiid

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback, name stamp first page, cd not included

’n Annalise Wiid-show binne die omslag van ’n boek!

Ja, die warm, koesterende sang- en vertelstem hoef nou nie meer op die verhoog agter te bly nie. Want hier is ’n versameling van 44 essays en ’n aantal gebede in Annalise se kenmerkende styl – vir by die huis lees en herlees; plus die bonus van ’n bypassende CD met stories en songs.

Geniet dit! Deel dit met ’n besondere persoon. Hier is ’n voorsmakie:

“Nie die lewe óf die liefde is ’n winkelbrood nie. Elke volgende sny is níé net so dun en so presies, so wit en gewigloos soos die vorige nie. Die lewe en die liefde is eerder soos vars plaasbrood. Geurig, maar jy kan jou daaraan brand as jy nie versigtig vat nie – met skewe snye wat dun begin en dik eindig. Of andersom.”

Dis ’n kuns om hierdie “brood” met oorgawe te eet, soos ’n kind, en te wéét wat Koos du Plessis bedoel het met:

“Eenvoud is die vreugde van die lewe;
dis gee en neem net wat daar is;
dis dankbaar eet van elke skewe
snytjie brood wat liefde is.”

View full details