Skip to product information
1 of 4

Soektog na 'n reenboog - Nan Henning

Soektog na 'n reenboog - Nan Henning

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In hierdie menslike verhaal van Nan Henning maak die leser kennis met dokter Derek Cloete, die jong geneesheer wat hom met hart en siel aan sy roeping wy, maar wat nogtans ook ‘n mens is en soos elke mens na geluk soek. In hierdie dieptastende verhaal deel die leser ook in Alet Nortjé se lief en leed – die moedige rooikop wat vrou-alleen op Eendepan boer en worstel om haar jonger broer se sustertjie te versorg en haar plaas te behou ten spyte van haar oom, Sebus Labuschagne, se pogings om haar te dwing op dit tee ‘n appel en ‘n ei aan hom te verkoop. Die leser deel ook in die wel en wee van dokter Ben Nienaber, dokter Isak Snyman en matrone Joubert, wat saam met dokter Derek Cloete in die klein hospitaal menslike lyding verlig en lewens red. Elke mens reik uit na ‘n reënboog, en na elke lang droogte is die reënboog weer ‘n helder belofte aan die hemel  – ook vir mense soos Alet Nortjé en dokter Derek Cloete.

 

View full details