Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Sondes van die verlede - Ann Hite Kemp

Sondes van die verlede - Ann Hite Kemp

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Bella Greyvenstein betrap haar verloofde met 'n bloedjong meisie en gee sy ring summier vir hom terug. Weer eens kom sy tot die besef dat alle mans inherent skurke is. Sy is keelvol van leë beloftes van ewige liefde, gelukkige samesyn en maanskyn en rose. Geen man sal haar hart weer breek nie, besluit sy.
Bella het nog nooit werklik herstel van haar eerste liefdesteleurstelling met Nato Nel nie. Hy het haar hart in hulle laaste skooljaar gebreek toe hy haar verneuk het met haar beste vriendin, Mercia Verster. Alhoewel sy en Mercia erg jaloers is op mekaar, is hulle na agt jaar nog steeds vriendinne. Bella redeneer dat wanneer jou grootste vyand jou beste vriend is, jy halfpad gewen het.
Na al die jare maak Nato weer sy verskyning in Bella se lewe. Hy nooi haar en Mercia saam met ander vriende uit na die Malapô-wildsplaas vir 'n naweek. Bella besluit om saam te gaan om haar gedagtes af te lei van nóg 'n mislukte verhouding. Maar sy besluit ook dat die wraak haar nou toekom – dié naweek gaan sy gebruik om Nato en Mercia terug te kry ...
Maar Bella is nie die enigste persoon wat dié naweek wraakgedagtes koester nie. 'n Moord word gepleeg en byna almal is verdagtes.
SONDES VAN DIE VERLEDE is 'n passievolle roman vol intriges.
View full details