Spekskiet - Dineke Volschenk
Spekskiet - Dineke Volschenk
Couldn't load pickup availability
Share
Med to large paperback
Daar's die storie van ou Renier de Winnaar wat eendag 'n papie opgetel het waaruit 'n reuse-ruspe gebroei het, wat hy toe maar opgesaal het en ry, omdat sy perd dood verys het. En die een van ou Bertie wat eendag 'n baber uittrek en in die ding oë sien dié is 'n buitengewone intelligente baber, en toe word hulle onafskeidbaar ... Het jy al gehoor van die ysterbye van die Tanganjika? Hulle het gif soos suur, en wát hulle ook al steek, los sommer op ... olifante, mambas, selfs yster! En dis die reine waarheid, hoor ...
Spekskiet is 'n versameling ou en nuwe volksverhale waar die grense van die waarheid 'n bietjie (soms baie) gerek word. Dis 'n stewige versameling verbeeldingryke en onpretensieuse verhale wat 'n leser sommer net sal laat lekkerkry vir lank.
