Skip to product information
1 of 4

Storie vir ons tyd - Coenie Burger

Storie vir ons tyd - Coenie Burger

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback

Oorgangstye het altyd twee kante. Aan die een kant is daar die onsekerheid, die pyn van ou sekuriteite wat losgelaat moet word. Maar aan die ander kant is ’n oorgangstyd ook vol belofte en nuwe moontlikhede. Amper soos ’n nuwe seisoen. Dit gee ons kans om uit ons foute te leer en van voor af te begin – met mekaar en veral in ons lewe met God.

Hoe kom ’n mens deur so ’n tyd van oorgang en aanpassing? Hoe gebruik jy so ’n somerseisoen ten beste? Op soek na antwoorde hierop, laat Coenie Burger die tydlose verhaal van Abraham en Sara soos ’n film voor ons afspeel.

Ons sien …

  • wat God juis in sulke tye met gewone mense kan doen …

Ons hoor …

  • van God se almag wat selfs die onmoontlike moontlik maak;

  • van menslike mislukkings – en God se vergifnis en trou.

Ons leer ken …

  • onsself in die karakters van destyds;

  • ’n God wat deur hoogtepunte en teleurstellings heen van twee baie menslike mense heiliges kon maak – en wat dit ook met ons kan doen.

Storie vir ons tyd doen presies wat die titel sê. Die verhaal van destyds word ’n verhaal met verrassende insigte vir ons tyd.

View full details