Skip to product information
1 of 2

Belle's Books secondhand books

Stormwinde of droogtes - Freek Swart

Stormwinde of droogtes - Freek Swart

Regular price R 35.00 ZAR
Regular price Sale price R 35.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die Storie van Hendrik Schoeman

Stormwinde of Droogtes: Die Storie van Hendrik Schoeman – Freek Swart

Min politici geniet in hulle leeftyd die soort gewildheid wat Hendrik Schoeman, destyds die immer-positiewe minister van landbou en later van vervoer ervaar het. Want hy was een van ons, het die mense gese.

In hierdie publikasie word die storie van Hendrik Schoeman vertel, sodat die leser opnuut, of vir die eerste maal kennis maak met die kleurvolle persoonlikheid, met al sy streke, kwinkslae en praktiese, nugter planne. ‘n Mens lees van die kind wat geleer het om teen moeilikhede weerstand te bied, om te hoop teen hoop, om vir hom ‘n eie pad oop te kap.

‘n Mens leer vir Hendrik ken, die skoolseun wat ‘n lonende groenteboerdery langs die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria bedryf het; jy sien hom as die soort minister wat ‘n man langs die pad in sy ampsmotor oplaai; jy ontmoet Schoeman, die gemeenskapsman wat die koektafel by die kerkbasaar leeg koop, net om alles by die ouetehuis af te laai. Jare voor die nuwe politieke bedeling se die politikus reeds dat sekere dinge nie op wetboeke hoort nie en dat verantwoording eendag daarvoor geeis sal word. Die beeld wat die leser terugskouend kry, steun op veel meer as wat amptelik oor Hendrik Schoeman berig is.

Wat ‘n mens hier kry, is die persoonlike indrukke van ‘n skerp joernalis wat op verskeie maniere met hom en vele ander politici te doen gehad het.

Nie-Fiksie

View full details