Skip to product information
1 of 3

Belle's Books secondhand books

Tjoklits vir die siel - Susan Coetzer

Tjoklits vir die siel - Susan Coetzer

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Considerable Wear - Ppaerback

Vier vroue in hulle veertigs. Aan die buitekant die ene glitz en glamour. Aan die binnekant vol pyn en drama.

Suzanne, pleaser vir haar man en kinders. Die menopouse-wolf hamer aan haar voordeur en haar man se oë dwaal na groener weivelde.
Christel, haar kinderlose, wyser-as-die-wêreld suster, ’n celeb op Italiaanse spykerhakke. Sy staan voor ’n skeipaartie waar die Bird of Paradise ’n paar glansgroen vere gaan verloor.
Adri, koel sakevrou, mik na die Who’s Who Map. Haar beeld van ’n man is werkloos, haar beste vriend Botox, haar verhoudings sonder siel.
Lisa, dromerige ontwerper met ’n hart vir straathonde en bedelaars ... maar niemand durf weet van die blou kolle op haar lyf nie.
Dan word Shelley, Suzanne se oudste dogter, in ’n swart gat opgesuig. En dié vier vroue
se perspektief verander vir ewig.

SUSAN COETZER is bekend as skilder, joernalis en rubriekskrywer vir Finesse. Sy is ook ’n bekroonde aktrise, gasvrou van die Blou Hond-restaurant en landwye motiveringspreker. Haar romans Oros vir die Siel en Custard vir die Siel het altesaam al meer as 55 000 eksemplare verkoop en duisende lewens aangeraak. Tjoklits vir die Siel is die derde boek in dié gewilde reeks.

View full details