Skip to product information
1 of 6

Trazom, 'n mozart verhaal - Philip de vos

Trazom, 'n mozart verhaal - Philip de vos

Regular price R 30.00 ZAR
Regular price Sale price R 30.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback, cover has bent mark, sides starting to yellow

“Rücken is anders as enige ander land. Dáár is almal goed en almal is gelukkig en alles is altyd agterstevoor om. Wat links is, is regs, wat voor is, is agter. Mense loop agteruit, sing agteruit, lag agteruit. Rücken is die land waar ek die gelukkigste was. Daar was ek nie meer Mozart die wonderkind nie, maar Trazom. . .”

Vir die veertienjarige Wolfgang voel dit of hy al sy lewe lank in stampende koetse rondry. Elke tweede dag is hy en sy vader op ’n nuwe plek waar die luise in die vreemde herberg hom byna opvreet, en feitlik elke aand is daar ’n konsert waar hy vir mense moet wys hoe wonderlik hy is.

Op hierdie reis deur Italië, wat van 13 Desember 1769 tot 28 Maart 1771 duur, is dinge nie veel anders nie. Totdat hy die begaafde jong violis, Thomas Linley, leer ken en die wonderwêreld van Florence ontdek deur die oë van sy nuutgevonde vriend met wie hy selfs sy geheime fantasie oor die land van Rücken kan deel . . .

Philip de Vos beeld die wedervarings van die jong Mozart met deernis en humor uit, en maak op natuurlike wyse vir jonk en oud deure oop op die kultuurskatte van Europa: die musiek, beeldhoukuns, skilderkuns.

View full details