Uit Die Goue Skemering - Nan Henning
Uit Die Goue Skemering - Nan Henning
Couldn't load pickup availability
Share
Medium hardcover - see photos of the cover& dust jacket
Ou Poon stap die hoogtejie na hulle huis stadig uit met slap teuels oor sy nek, terwyl ’n skraal gestalte heen en weer in die saal wieg asof dit enige oomblik van die perd kan aftuimel. Hugo staan ’n oomblik lank nog na die gestalte; dan kom hy ook haastig uit sy stoel, terwyl sy oom en tante al na die hoë trappe beweeg. Dis ’n meisie op ’n perd wat uit die goue skemering gekom het en hulle nou nader.
Toe Hugo Murray Fransa Maré die eerste keer sien, was sy vuil en onversorg, geklee in lomp werksklere en het rooi hale oor haar gesig gelê. Maar Hugo het geweet dat hy hierdie meisie wat uit die goue skemering op haar perd aangery gekom het, nooit weer uit sy gedagtes sal kry nie.
Hierdie is die verhaal Fransa wat reeds as dogtertjie in ’n arm huis die huishouding en die versorging van haar jonger sussie Reinet op haar moes neem, omdat hulle moeder nie meer daar was nie. Met lomp kinderhande het sy vir haar sussie klere gemaak en vir die gesin kos voorberei.
Maar Fransa het grootgeword en haar en Reinet en hulle broer Dawid se lewens het verstrengel geraak met die van die ryk en geldgierige Piet Reyneke, die van Fred Neethling, en dan uiteindelik ook die van Hugo Murray.
In Uit die goue skemering vertel Nan Henning op haar unieke manier die verhaal van Fransa Maré en die mense wat haar lewe met haar deel. Hierdie romankeur-uitgawe is ’n verhaal van swaarkry, maar ook van hoop.
