Skip to product information
1 of 4

Uitdraaipad na Geluk - Trudie Coetzer

Uitdraaipad na Geluk - Trudie Coetzer

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover

Marlene Stander wil wegkom van die dorp Brakspruit wat vir haar onaangename herinneringe inhou. Sy reageer op ’n advertensie vir ’n middeljarige egpaar om ’n plaas naby Aalwyns­vlakte te bewoon en in stand te hou, en word vir ’n onderhoud genooi nadat sy doelbewus verswyg het dat sy ongetroud is. Op die ingewing van die oomblik neem Marlene die vierjarige Schalkie, haar oorlede suster se seuntjie wat sy soos haar eie liefling het, sonder sy pa se toestemming saam.

Prokureur Jeff Minnaar, wat die eienaar van die plaas, Henning Serfontein, se sake behartig, voel dadelik aangetrokke tot haar en laat haar toe om sonder Henning se medewete op die plaas te bly. Henning daag een nag laat onverwags op die plaas op en Marlene, wat hom vir ’n inbreker aansien, skiet hom. Sy mis sy hart, maar Cupido se pyle tref die kol.

Asof dit nie genoeg is nie, daag Schalkie se pa, Schalk, daar op, en hy stel haar voor die keuse om óf met hom te trou, óf die kind nooit weer te sien nie…

View full details