Skip to product information
1 of 4

Verlies, pyn en die verwerking daarvan - Rassie van Niekerk

Verlies, pyn en die verwerking daarvan - Rassie van Niekerk

Regular price R 15.00 ZAR
Regular price Sale price R 15.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium paperback , message written first page

Het jy ’n behoefte aan troos? Is iemand ná aan jou oorlede en jy weet nie waarheen om te gaan met die smart wat soos ’n donker rivier deur jou gemoed bruis nie? Het jy ’n verlies ervaar wat ’n diep leemte in jou lewe laat; ’n verlies aan gesondheid na ’n ongeluk, vriendskappe wat vir jou baie beteken het, finansiële verliese, of is daar dalk gebeure uit jou kinderdae wat nog by jou spook?

Jy bevind jou spreekwoordelik in diep waters en word meegesleur deur ’n stroom sterker as jouself, en soms selfs sterker as jou geloof. Jy dryf en dobber ankerloos en spartel wanhopig vir grond onder jou voete. Jy soek vastigheid, want alles voel skielik soos dryfsand wat jou geestestoestand bedreig. In kort: jy het hulp, ondersteuning en ’n emosionele anker nodig.

In Verlies, pyn en die verwerking daarvan bied Rassie van Niekerk praktiese begeleiding aan mense wat geweldige verliese in hulle lewe beleef het. Hy bespreek die treurprosesse ná ’n geliefde se dood, maar gee ook raad oor hoe om ander verliese te verwerk. Hy maak dit duidelik dat ons slegs by die Allerbron van krag en genade werklik troos en moed sal vind om die toekoms vol hoop tegemoet te loop.

Die boek sluit ook ’n lys gepaste Skrifgedeeltes in wat van hulp kan wees aan sterwendes, treurendes en enigiemand wat gehelp moet word om hartseer te verwerk.

View full details