Verskuns - Riens Vosloo
Verskuns - Riens Vosloo
Couldn't load pickup availability
Share
Large paperback, name written inside front cover,
Verskuns is 'n uitsonderlike, geïllustreerde bloemlesing om die leser se verbeelding dadelik aan te gryp. Aan die hand van rymende en ritmiese verse gaan lesers die wêreld van verskuns ontdek en geniet. Die wye verskeidenheid kontemporêre en klassieke verse is gekies om belangstelling in en liefde vir die poësie aan te wakker. Dit bied ook uitdagings vir rolspel, dramatisering, voordrag en inspirasie om self gedigte te skryf.
Die bloemlesing is ideaal vir poësie-onderrig. Die gedigte is gekies volgens temas wat aanklank sal vind by die belangstellingsveld van die jong leser, en dit sluit aan by temas wat in die kurrikulum voorgeskryf word. Die biografieë, woordverklarings, woordelyste, besprekings en vrae ondersteun die leser se interaksie met die gedig, en dit bevorder 'n deeglike begrip van die betekenis en boodskap daarvan.
