Vir Altyd - Karen Kingsbury
Vir Altyd - Karen Kingsbury
Couldn't load pickup availability
Share
Small paperback , name written first page - some bent pages - see photos
Christelike Fiksie , Lost Love # 2
Emily Anderson se beker loop oor van geluk: Haar ouers wat sedert hul tienerjare jare van mekaar geskei was, het deur haar toedoen mekaar weer gevind. Sy is op universiteit met ‘n sportbeurs om haar droom om ‘n skrywer te word, te verwesenlik. En deur ‘n deeltydse werk by Fort Lewis het Emily vir Justin Baker, ‘n jong luitenant in die weermag ontmoet.
Dit is liefde met die eerste oogopslag, en teen die tyd dat Justin vir ‘n tweede dienstermyn na Irak vertrek, begin hulle reeds planne maak vir ‘n toekoms saam. Alles verloop egter nie so rooskleurig nie. Shane en Lauren — Emily se ouers — se uiteenlopende sienings oor die oorlog in Irak, is besig om hulle weer uitmekaar te dryf. Lauren besluit dat die gaping tussen haar en Shane te groot is om te oorbrug, en gaan terug na Afghanistan as oorlogsverslaggewer.
