Voetap se sportploeg
Voetap se sportploeg
Couldn't load pickup availability
Share
Medium paperback - Moderate wear
DIE kenners se menings van Voetap se Sportploeg:
HARRY HOKAAI: ’n Werklik eerlike sportskrywer is mos bevooroordeeld en provinsialisties. Selfs Loftusburg het niemand soos Voetap nie.
DIE MAN IN DIE HOEK: In die hele Suid-Afrika, met inbegrip van die Kolonie en die Piesangrepubliek agter die Drakensberg, is Voetap se gelyke skaarser as Progge in Randfontein.
DOKTER DUIMPIE: Net ’n naweek in Bloemfontein is só genotvol.
ROOIKOOS VAN ROODEPOORT: Selfs die Visvoete daar onderkant Platkop in die Kolonie behoort dié boek te lees.
SWAER KLAAS: Wanneer die Blou Bul die Goue Kalf wen, gee ek nie om wát Voetap skryf nie.
KNOFFEL POLONIE: In die Opskepklub is ons oor dié boek so opgewonde soos ’n Potchefstromer in ’n diskoteek.
JOHNNY VISVOET: Voetap is gevaarliker as ’n TDK-lorrie teen ’n afdraand en veroorsaak meer ontsteltenis as ’n vangwa voor ’n masseersalon.
