Waar staan dit in die Bybel - Ken Anderson
Waar staan dit in die Bybel - Ken Anderson
Couldn't load pickup availability
Share
Med - Large paperback , light wear
Waar staan dit in die Bybel? is 'n moderne Bybelkonkordansie met sowat 40 000 inskrywings oor meer as 3 700 interessante onderwerpe, kwessies en probleme.
Hierdie pasgemaakte konkordansie ontsluit die Bybel vir die leser sonder om te verval in hoogdrawende teologiese taal. Dit bevat vele inskrywings oor onderwerpe soos kredietkaarte, vroueregte en rekenaars wat nie in ander naslaanwerke verskyn nie.
Waar staan dit in die Bybel? sal gelowiges, studente, Sondagskoolpersoneel, jeugleiers, beraders en gemeenteleiers help om gepaste Bybelgedeeltes oor bykans enige situasie of onderwerp op te spoor deur frases wat in gewone praattaal geskryf is.
Ken Anderson is ’n ervare rolprentvervaardiger en skrywer. Onder sy films tel The Family that Changed the World en Pilgrim's Progress. Hy het meer as 50 boeke geskryf, insluitend die topverkoper Waar staan dit in die Bybel?, wat ’n boekstaving is van ’n uitgebreide Skrifverwysingstelsel wat hy deur die jare geskep het.
