Skip to product information
1 of 3

Wenners in die liefdespel - Magda Schmidt

Wenners in die liefdespel - Magda Schmidt

Regular price R 25.00 ZAR
Regular price Sale price R 25.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Medium hardcover

Vir doktor Kal Strauss se soort – dié vir wie liefde net ’n spel is – het Marna de Jager, ’n prokureur by Strauss & Van Tonder, min respek. Haar pa het haar ma verneuk en sy het gesien hoe dit haar ma stuk vir stuk vernietig. Kal glo op sy beurt weer vrouens is tot niks anders as ’n spel in staat nie omdat sy groot liefde hom jare tevore verneuk het.

Op ’n sake­reis in Europa ontdek hulle egter, elkeen teen sy sin, dat die ander baie meer om die lyf het as net ontrouheid; dat ware gevoelens nie terugdeins voor sinisme nie; maar bowenal, dat liefde haar nie lát beperk tot ’n spel nie…

Magda Schmidt lewer ’n treffende bydrae tot die romankuns met Wenners in die liefdespel. Dis ’n liefdesverhaal wat jou aangryp en vashou omdat dit die mens in sy wese ontbloot: om lief te hê en aan ’n ander mens te behoort, is sterker as enige ander drang.

View full details